|
Buy CDs and DVDs from Rhythm Online
|
VARIOUS ARTISTS Orion
Released: July 2006
Catalogue:
RR068
|
|
| Tracks
|
- Eldorado – Valiant Swart
- Groentrui – Jan Blohm
- Breinskade – Neil Sandilands
- Fortuinverteller – Brixton Moord En Roof Orkes
- Epitaph - Gert Vlok Nel
- Oppiplaas – Bachhus Nel
- Pakpoort – Riku Latti
- Bloekomboom – Rian Malan
- Smoorverlief – Riku Latti
- Varimi – Rian Malan
- Jy's Heroin - Jan Blohm
- Afgrond – Riku Latti
- If You See Me Walking – Bed On Bricks
|
| Persverklaring
|
Die klankbaan van die nuwe KykNET TV-reeks, ORION, is pas deur Rhythm Records uitgereik. Die TV-reeks, gebasseer op die bekroonde roman van Deon Meyer, word vanaf 11 Julie op kykNET uitgesaai.
Neil Sandilands, wat die hoofrol van Dr Zapotek van Heerden in die reeks vertolk, het in samewerking met Dirk Jordaan en Ronel Nel, die klankbaan vir ORION saamgestel. Die CD bevat vyf nuwe, oorspronklike Afrikaanse werke en agt snitte wat reeds voorheen vrygestel was.
Kunstenaars wat tot die album bygedra het is: Jan Blohm, Valiant Swart, Riku Latti, Brixton Moord en Roof Orkes, Rian Malan, Gert Vlok Nel, Bacchus Nel en Bed on Bricks. (laasgenoemde se liedjie " If you see me walking" is die enigste Engelse snit op die album.)
Neil Sandilands het verras deur self 'n liedjie, "Breinskade", vir die klankbaan te skryf en op te neem.
Die album sluit ook die Jan Blohm treffer "Groentrui" in wat eksklusief op die ORION klankbaan beskikbaar sal wees.
Neil Sandilands het tydens die tweede week van die verfilming van ORION besef dat hierdie 'n "anderse reeks" sal wees:'n kulturele dokument. Dit was vir hom belangrik dat die klanke wat in die reeks gebruik word ook sinvol moet wees deurdat dit die gees van Deon Meyer se roman onderstreep. Die produksie-span was daarvoor te vinde dat musiek verkry moes word wat óf die gevoels-kwaliteit van die tonele versterk of sosiale kommentaar lewer. Neil het twee liedjies van Jan Blohm, "Groentrui" en " Jy's heroin", wat hom beiindruk het, onthou. ("Dit was sterk, as dit die woord is, sterker as enige iets wat ek in my 31 jaar van Afirkaanse menswees gehoor het.") Vandaar het hy 'n ‘kruisvaart’ begin na Afrikaanse musiek wat soortgelyke kwaliteite bevat. Die uitendelike keuses is 'n feesmaal van intelligente lirieke en verwerkings wat met die roman se psige en gees resoneer. Soos die beelde van die reeks en die beskikbare musiek geredigeer is, was die span verstom deur die trefkrag daarvan. Selfs die agtergrond- en insidentele musiek is werke deur plaaslike musikante.
ORION is 'n treffende versamel-album wat die selektiewe luisteraar se begrip vir kwaliteit sal bevredig en selfs hoofstroom kykers sal boei.
Die reeks ORION word reeds deur kritici aangeprys as een van die beste Suid Afrikaanse televisie produksies nog. Die reeks is vervaardig deur David Altman en die regie is behartig deur Gerrit Schoonhoven. Die hoofrolle word vertolk deur Neil Sandilands, Albert Maritz, Erica Wessels, Yvonne van den Berg, Aletta Bezuidenhout, Ivan Abrahams en Quantina Adams.
Deon Meyer het in 2001 die ATKV prosaprys vir die roman ORION ontvang, sowel as 'n internasionale toekenning, die Prix Mystère de la Critque, in 2004.
Die ORION klankbaan word uitgereik deur Rhythm Records en word versprei deur SMD (Select Music Distribution)
Vir verdere informasie, fotos en onderhoude, kontak Liny Kruger.
Liny Kruger
Rhythm
PROMO & EVENTS
021-556 1726
082-464 1926
liny@rhythmrecords.co.za
|
| Introduction - 23rd June 2006
|
The CD "Orion" is the soundtrack of a new television series "Orion", to be screened on kykNET from 11 July. The new Jan Blohm hit song, "Groen Trui", will appear exclusively on this CD. (The video of "Groen Trui" has already been voted an A-lister on MK 89 and will be screened regularly by KykNET.) Artists to be featured on this CD are: Brixton Moored en Roof Orkes, Valiant Swart, Jan Blohm, Rikku Latti, Rian Malan, Gert Vlok Nel and others. The novel "Orion" by Deon Meyer has won international literary awards (Prix Mystère de la Critique 2004). The TV series, produced by the American Dave Altman, has been described by critics as one of the best local productions this country has seen for years, and is guaranteed to evoke unprecedented public interest.
|
|
|