• Home
  • Store
  • Support
  • About
Blue Orange Green Pink Purple

“Staan opsy DeLaRey - hier is Staan My By”

Posted in Rhythm Records. on Monday, December 14th, 2009 by Liny Kruger
Dec 14

heuningland-cover

Die Radio Kalahari Orkes – Heuningland

Staan Opsy, De La Rey, Hier Is Staan My By – Huisgenoot, 4 Desember

Heuninglandkoors het Suid-Afrika met ‘n groot slag getref. Vyf snitte van Heuningland, die Radio Kalahari Orkes se nuwe album, is op RSG se speellys geplaas oa die nuwe treffer “Staan My By” met Chris Chameleon.  ‘n Groot artikel oor die unieke orkes het in Huisgenoot van 4 Desember verskyn, met nog artikels in Beeld, Rapport Weekliks en ook ‘n Kwela-verskyning op 30 Desember. Die album, ‘n ideale kersgeskenk vir oud en jonk, vlieg behoorlik van die rakke in CD-winkels landwyd.

Heuningland is ‘n hutspot van musikale style met vele talentvolle gaskunstenaars, onder andere Valiant Swart, Chris Chameleon en Jack Parow. Die orkes se klank – voortgebring vanuit akoestiese instrumente so oud soos hulle slagspreuk, bevat viole, trekklaviere, konsertinas, mandoliene, banjos, wasborde, kitare, dobro, trompette, kontrabas, kazoes en Jan Vasmaak se gepatenteerde Oos-kaapse Boozofoon. Dit is ‘n musikale styl wat jou sal wil laat opspring en dans (en so plek-plek ‘n traan laat pik)

Die RKO se voorman is bekende akteur/musikant Ian Roberts en is die breinkind van skrywer Rian Malan en filmmaker Dan Roberts. Heuningland is uitgereik deur Rhythm Records en vervaardig te StoepStudios, Johannesburg.

“Dankie vir een van die verfrissendste nuwe CD’s wat RSG in ‘n lang periode bereik het! Die Radio Kalahari Orkes se jongste CD , Heuningland  bevat ‘n puik versameling van goeie wysies, lirieke en vars musikale verwerkings…’n breath of fresh air! Dankie vir Heuningland.

Tinus Esterhuizen, RSG

“Haai-i-e Mama, die zombies die kom
Met ‘n wakka doef doef en ‘n brom-brom brom”

Media Kontak: Riana Wiechers:  riana.wiechers@gmail.com

Leave a Reply

Rhythm Online News & Support

  • About
    Providing News & Support for The Rhythm Online MP3 Music Store.
  • Categories
    • Festivals
    • Free songs with Compliments from RhythmMusicStore
    • Latest Albums
    • Music Industry
    • Rhythm Records
      • aKING
      • Chris Chameleon
    • Uncategorized
  • Recent Articles
    • Chris Chameleon wins SAMA 2010.
    • Chris Chameleon - SAMA Nomination for Best Male Solo Artist
    • RhythmMusicStore- Valentine`s Gift: 10 Free tracks.
    • “Staan opsy DeLaRey - hier is Staan My By”
    • aKING 2009. “Against all Odds” National no 1 Single.
    • Van Coke Kartel - laai nuwe treffer “Voor ons stof word” gratis af
  • Archives
    • April 2010
    • March 2010
    • February 2010
    • December 2009
    • September 2009
    • June 2009
    • May 2009
    • April 2009
    • March 2009
    • February 2009
    • January 2009
    • December 2008
  • Search






  • Home
  • Store
  • Support
  • About

© Copyright Rhythm Online News & Support. All rights reserved.

Back to Top