• Home
  • Store
  • Support
  • About
Blue Orange Green Pink Purple

Van Coke Kartel - laai nuwe treffer “Voor ons stof word” gratis af

Posted in Uncategorized. on Friday, December 11th, 2009 by Liny Kruger
Dec 11

voor-ons-stof-word

VAN COKE KARTEL

EERSTE SINGLE VANAF NUWE ALBUM NOU GRATIS BESKIKBAAR AANLYN

Van Coke Kartel (Francois van Coke en Wynand Myburgh) het Saterdagaand 5 Desember  die musiekvideo vir Voor Ons Stof Word -  die eerste snit vanaf hulle opkomende album, Skop Skiet en Donner by Assembly in Kaapstad vrygestel.

Soos met die musiek op Skop Skiet en Donner, is die musiekvideo van Voor Ons Stof Word ‘n opwindende vertrek van Van Coke Kartel se vorige werk. Die video (gemaak deur Louis Minnaar en Van Coke Kartel se eerste animasievideo) neem kykers op ‘n dromerige, rockerige verbeeldingsvlug waar Francois en Wynand in ‘n magiese wonderwereld hulle ding doen.

Skop Skiet en Donner sal teen einde Februarie 2010 op die rakke wees. Die album bevat ‘n klomp verassings, onder andere elektroniese klanke, akoestiese elemente en ’n aantal samewerkings met ander musikante, insluitende Laudo Liebenberg van aKing en Peach van Pletzen van Yesterday’s Pupil.

Die eerste single vanaf  Skop Skiet en Donner is pas vrygestel en is nou beskikbaar as ‘n gratis internet aflaaisnit by Rhythm Music Store.

Leave a Reply

Rhythm Online News & Support

  • About
    Providing News & Support for The Rhythm Online MP3 Music Store.
  • Categories
    • Festivals
    • Free songs with Compliments from RhythmMusicStore
    • Latest Albums
    • Music Industry
    • Rhythm Records
      • aKING
      • Chris Chameleon
    • Uncategorized
  • Recent Articles
    • Chris Chameleon wins SAMA 2010.
    • Chris Chameleon - SAMA Nomination for Best Male Solo Artist
    • RhythmMusicStore- Valentine`s Gift: 10 Free tracks.
    • “Staan opsy DeLaRey - hier is Staan My By”
    • aKING 2009. “Against all Odds” National no 1 Single.
    • Van Coke Kartel - laai nuwe treffer “Voor ons stof word” gratis af
  • Archives
    • April 2010
    • March 2010
    • February 2010
    • December 2009
    • September 2009
    • June 2009
    • May 2009
    • April 2009
    • March 2009
    • February 2009
    • January 2009
    • December 2008
  • Search






  • Home
  • Store
  • Support
  • About

© Copyright Rhythm Online News & Support. All rights reserved.

Back to Top