“Staan opsy DeLaRey - hier is Staan My By”

Die Radio Kalahari Orkes – Heuningland
Staan Opsy, De La Rey, Hier Is Staan My By – Huisgenoot, 4 Desember
Heuninglandkoors het Suid-Afrika met ‘n groot slag getref. Vyf snitte van Heuningland, die Radio Kalahari Orkes se nuwe album, is op RSG se speellys geplaas oa die nuwe treffer “Staan My By” met Chris Chameleon. ‘n Groot artikel oor die unieke orkes het in Huisgenoot van 4 Desember verskyn, met nog artikels in Beeld, Rapport Weekliks en ook ‘n Kwela-verskyning op 30 Desember. Die album, ‘n ideale kersgeskenk vir oud en jonk, vlieg behoorlik van die rakke in CD-winkels landwyd.


