• Home
  • Store
  • Support
  • About
Blue Orange Green Pink Purple

Chris Chameleon: Aanlyn opbrengs van Kersfees in Afrika gaan aan Kinder- en Kersfondse

Posted in Chris Chameleon, Rhythm Records. on Friday, December 19th, 2008 by Liny Kruger Tags: chris chameleon kersfees in afrika
Dec 19
cc-191

Photo: Renée Frouws

Chris Chameleon - Kersfees in Afrika

Chris Chameleon het in 2006`n spesiale liedjie “Kersfees in Afrika” vir die Kerstyd opgeneem. Hierdie liedjie is nie op `n Cd beskikbaar nie, maar kan elektronies afgelaai word by www.mymusiek.co.za. (Alle liedjies op hierdie webwinkel = R7.00 per snit).

Chris Chameleon en Rhythm Records gaan soos verlede jaar, die volle opbrengs van die verkope op Rhythm webtuiste van “Kersfees in Afrika” aan DIE BURGER KERSFONDS, VOLKSBLAD KERSFONDS en BEELD KINDERFONDS skenk.

Die keuse om `n skenking aan die betrokke 3 fondse te maak was vir Chris `n maklike een: “As skoolknapie het ek in Johannesburg Beeld afgelewer vir sakgeld. Daar was toe al `n Kersfonds en die vordering daarvan was aangedui met n grafiese voorstelling van n termometer wat elke dag hoër en hoër styg. In die dae voor sepies het dit my sepie geword en het ek elke oggend, so met die aflewery, die styging van die fonds met opwinding dopgehou. Daar is baie welsynsgeleenthede, veral in hierdie tyd, en almal van hulle is goed en moet ondersteun word, maar ek’t hierdie een gekies vanwee my opwindende kleintyd assosiasie met die vordering van die fonds en hoe dit aangedui word.”

“Kersfees in Afrika” is `n vrolike Kerslied. Kersfeesvader kan maar sy kortbroekie hier dra, dis mos Somer in Afrika!

Hier volg die lirieke van die lied:

36 grade in die somerson snikheet
en n pikswart kersfeesvader sit voor n winkelsentrum en sweet
kinders loop in plakkies rond aan roomyse en smul
en net die prentjies op kerskaartjies is in spierwit sneeu gehul
gluhwein en kaneel maak plek vir bier en aromat
en geroosterde kalkoen gee pad vir braai in die agterwerf
niemand hier dra mussies nie en jassies is taboe
met n pet op vol sonbrandroom stroom ons almal strande toe
kersfees in afrika
as hy wil kan kersfeesvader maar sy kortbroekie hier dra
kersfees in afrika
ruil jou takbok vir n donkie en jou slee vir n donkie kar
ho ho ho
dis kersfees in afrika!

Verskeie radio stasies sal “Kersfees in Afrika” tydens die komende feesgety speel.

Leave a Reply

Rhythm Online News & Support

  • About
    Providing News & Support for The Rhythm Online MP3 Music Store.
  • Categories
    • Festivals
    • Free songs with Compliments from RhythmMusicStore
    • Latest Albums
    • Music Industry
    • Rhythm Records
      • aKING
      • Chris Chameleon
    • Uncategorized
  • Recent Articles
    • Chris Chameleon wins SAMA 2010.
    • Chris Chameleon - SAMA Nomination for Best Male Solo Artist
    • RhythmMusicStore- Valentine`s Gift: 10 Free tracks.
    • “Staan opsy DeLaRey - hier is Staan My By”
    • aKING 2009. “Against all Odds” National no 1 Single.
    • Van Coke Kartel - laai nuwe treffer “Voor ons stof word” gratis af
  • Archives
    • April 2010
    • March 2010
    • February 2010
    • December 2009
    • September 2009
    • June 2009
    • May 2009
    • April 2009
    • March 2009
    • February 2009
    • January 2009
    • December 2008
  • Search






  • Home
  • Store
  • Support
  • About

© Copyright Rhythm Online News & Support. All rights reserved.

Back to Top