Rhythm Records
         Logo Rhythm Records
GEMM is your best source for impossible-to-find music!
feel the rhythmfeel the rhythmfeel the rhythmfeel the rhythmfeel the rhythmfeel the rhythm
HOME
CATALOGUE
mp3s
GIGS
SHOP
CONTACT
Google

World Wide Web
Rhythm Records

Buy Rhythm Records CDs from Rhythm Online at Gemm
Buy CDs and DVDs
from Rhythm Online


TL Mastering

This is a South African Rock Encyclopedia website

DIE MELKTERT KOMMISSIE
Volroom


Click to buy this CD at Rhythm Online

Released: February 2006
Catalogue: RR067


         Tracks
  1. My Engel
  2. Wegraak
  3. Innie langgras
  4. Erens in Afrikaans
  5. A Song
  6. Ses Sterre
  7. Vier jaar
  8. Wonder woorde
  9. Proudly South African
  10. Tusen blaaie
  11. Spinnerakke
  12. Hier's ek weer


         Musicians
  • Tim van der Westhuizen: bass
  • Jean-Marie Vlok: guitar
  • Betsi van Zyl: acoustic guitar, vocals
  • Jan-Adriaan Korff: drums
  • Lucinda Strydom: vocals
         Press Release
"The success of the release of their debut album Volroom in 2004 has established Die Melktert Kommissie as an Afrikaans folk-rock favourite. Wonderwoorde is their second album and exudes a proudly South African energy. With its uncompromising honesty and youthful poetic wisdom, Wonderwoorde is bound to be sought after by fans and media alike."

Die Melktert Kommissie trap oospronklike spore oor die Afrikaanse musieklandskap. Van die grondpad wat almal ken, draai 'n tweespoor-paadjie af deur velde wat die Voortrekkers misgekyk het. Vergeet van Idols, cover versions en wannabe-sterre – dié vyf vriende ‘tune in’ op hul eie ervarings, vrese en drome.

Oor die bietjie meer as twee jaar sedert hul debuut-CD, Volroom, opgeneem is, het Lucinda Strydom (lead vocals), Betsi van Zyl (akkoestiese kitaar & vocals), Jean-Marie Vlok (elektriese kitaar), Jan-Adriaan Korff (tromme) en Tim van der Westhuizen (baskitaar) tot 'n hegte eenheid gegroei en mense landwyd volroom-rock laat proe.

Die Melktert Kommissie het in 2005 na Pretoria verhuis – en sodoende die ‘comfort zone’ van hulle tuisdorp Jeffreysbaai agtergelaat. Hulle reis tans gereeld om landwyd te kan optree. Hul toer na Engeland in 2005 was baie suksesvol en die nuwe album Wonderwoorde, wat in Februarie 2006 uitgereik word, getuig van dié groep se nuwe wedervaringe. Die lirieke is meer diepliggend en die emosie meer kompleks. Lucinda kyk met groter insig na binne wanneer sy sê: "Fluister ek woorde in my emosietaal" en "gisteraand het jy jou lippe aan my siel afgevee."

Tog raak Die Melktert Kommissie nooit swaar of swartgallig nie. Hulle is immers proudly South African, jong mense wat die Land van die Son wil laat werk, met geen begeerte om aan die werklikheid te ontsnap nie. Hul eerlikheid maak dat ouer mense net soveel aanklank vind by hul musiek as die jonges wie se taal hulle praat.

Betsi vorm die intreepunt met hul gehoor. Sy ‘tune in’ op die energie – van donker rugbyvelde vol vryende skoolkinders tot rustige teaters met die meer bedaarde soort applous wat grootmense gee – en weet instinktief waar om te terg, waaroor om te spot en wanneer om die mes op haarself te keer.

Jan Adriaan en Tim se dromme en baskitaar soek mekaar op en vul mekaar aan soos ou vriende wat nog net so lekker kan poetse bak wanneer hulle 'n liedjie vir nog 'n bietjie langer uitrek. En Jean-Marie is eenvoudig foolproof op elektrisiteit.


back


Copyright ©2003-06 Rhythm Records. All rights reserved.
a South African Rock Encyclopedia website, designed and maintained by Brian Currin