Buy CDs and DVDs from Rhythm Online
|
FOKOFPOLISIEKAR Brand Suid Afrika
Released: May 2006
Catalogue:
RR066
|
|
| Tracks
|
1. Tiener Aksie Einde
2. Brand Suid-Afrika
3. Klipgooi Glashuis
4. Hemel op die Platteland (acoustic version)
Album also includes: Video of Hemel op die Platteland (acoustic version)
Listen to Fokofpolisiekar mp3s at MWeb.
|
| Musicians
|
- Francois van Coke: vocals
- Hunter Kennedy: Guitar
- Johnny de Ridder: guitar
- Wynand Myburgh: bass
- Jaco Venter: drums
Opgeneem by B-Sharp studios in Boksburg en vervaardig deur Johnny de Ridder en Jean-Paul de Stefani.
|
| Press Release
|
"Jy kla oor die toestand van ons land, wel ... doen iets daaromtrent. Brand Suid-Afrika"
Fokofpolisiekar stel hulle nuwe kortspeler, Brand Suid Afrika, bekend op Donderdag 4 Mei by Club HQ, Chivas Regal Courtyard in Groenpunt, Kaapstad.
Die kortspeler bestaan uit 4 snitte, sowel as die video van die akoestiese weergawe van "Hemel op die platteland".
Die titelsnit "Brand Suid Afrika" is konstruktiewe anargie. Dit lewer kommentaar op die universele jeug wat steeds hoor dat dinge nie meer is soos in die goeie ou dae nie. En dit terwyl Suid Afrika brand agter toe ooglede.
Brand Suid Afrika bevat nog 'n vurige sarsie van sosio-politieke kommentaar in die tradisie van vorige Fokofpolisiekar suksesse. Met 'n vars aanslag en simfoniese rock-kitaar verwerkings, is hierdie album 'n duidelike aanwyser van die groep se musikale groei en momentum sedert die vorige drie albums.
Snit 1, "Tiener Aksie Einde" skets die oorgang van puberteit na yuppie-naïwiteit.
"Klipgooi Glashuis" is gesamentlik geskryf deur Hunter Kennedy en Francois van Coke. In hierdie liedjie vergelyk hulle hulle huidige lewens in die stad met hulle vorige voorstedelike lewe in Bellville. Niks raak ooit beter nie. Dinge verander net. En ons sit steeds in glashuise en gooi klippe na die wêreld.
Snit 4, die akoestiese weergawe van die 5fm-treffer "Hemel op die Platteland", het oorspronklik in 2005 verskyn op Levi's Original Music CD4.
Die nuwe video van die akoestiese "Hemel op die platteland" bevat treffende 8mm "home movie"-materiaal wat die kyker anachronisties terugverplaas na die dae vóór televisie toe pa se 8mm projektor nog die Hollywood-venster op ons eie realiteit was. Grootword op die platteland: rugby, kerk, skool, trompoppies, grensoorlog, Zulus, voorstede en vervelige Sondae.
Brand Suid Afrika is opgeneem by B-Sharp studios in Boksburg en is vervaardig deur Johnny de Ridder en Jean-Paul de Stefani.
Uitgereik deur Rhythm Records
Word versprei deur Select Music Distribution (SMD): 011 792 0145
For more information please contact Liny Kruger at Rhythm Promo and Events:
Liny Kruger
Rhythm
PROMO & EVENTS
021-556 1726
082-464 1926
liny@rhythmrecords.co.za
|
| Discography
|
|
|
| Interview
|
Read an interview with Fokofpolisiekar by Jean Barker on MWeb.
|
| Websites
|
|
|
|