|
Buy CDs and DVDs from Rhythm Online
|
CHRIS CHAMELEON Volkleur (DVD)
DVD opname van vertoning by Die Boer, Durbanville op 10 Oktober 2005
Released: December 2005
Catalogue:
RRDVD002
|
|
| Tracks
|
- Op die voetpad
- Jy’t my gekierang
- Lied van die lappop
- Die lied van die gebreekte riete
- Verlore stad
- Ek herhaal jou
- Bitterbessie dagbreek
- Korreltjie sand
- Droomland
- Fragment
- My pop val stukkend
- Opdrag dwaling
- As jy lag
- Die onverkrygbare
- OO AA
- Wishboan
- Anywhere
- Machine
- Duv mafia
DVD opname van vertoning by Die Boer, Durbanville op 10 Oktober 2005
Listen to an mp3 of Die Onverkrygbare at MWeb.
|
| Press Release
|
Chris Chameleon het die afgelope jaar groot sukses behaal met sy verwerkings van Ingrid Jonker gedigte op sy debuut solo-album Ek herhaal jou. Vanaf die uitreiking van Ek herhaal jou is dit nie net die CD wat die land aan die praat het nie, maar ook Chris Chameleon se besonderse vertonings.
Volkleur in DVD formaat is 'n lewendige opname van Chris Chameleon se vertoning by Die Boer in Durbanville op 10 Oktober. Volkleur betower soos 'n beeldskone "Aurora Borealis." Benewens die feit dat Chris moeiteloos met sy stem deur verskeie oktawe spring, is dit ook sy sensitiewe, beeldende voordrag wat hierdie DVD 'n intieme, kleurryke gevoel gee. Die opname word aangevul en afgerond deur treffende beligting en subtiele spesiale effekte.
Chris Chameleon se musiek bly in sy uitvoering daarvan "beweeg", sodat 'n tweede en 'n derde kyk na die DVD nie soos die eerste ervaar sal word nie. Daar is in elke oomblik van Volkleur iets veranderlik en ontasbaar mooi. Chris Chameleon slaag daarin om man-alleen sy gehoor te vermaak en en selfs te verbaas met sy unieke, meesterlike musikale aanslag.
Volkleur laat mens toe om Chris Chameleon se sielvolle vertoning na die afloop van 'n konsert saam huis toe te neem. En vir die wat dit nie kan oorvertel nie, is hierdie DVD 'n klinkklare bewys dat dit nie net 'n droom-ervaring was nie.
Volkleur bestaan uit Chris Chameleon se Ingrid Jonker verwerkings,'n paar ouer Boo! liedjies en selfs nuwe Engelse materiaal. Bonus materiaal sluit twee videos van die snitte "As jy slaap" en "Die onverkrygbare" in, sowel as "agter die skerms"- materiaal en 'n vertoning deur die gewilde komediant Twakkie.
Snitte en Bonus materiaal:
- Op die voetpad
- Jy’t my gekierang
- Lied van die lappop
- Die lied van die gebreekte riete
- Verlore stad
- Ek herhaal jou
- Bitterbessie dagbreek
- Korreltjie sand
- Droomland
- Fragment
- My pop val stukkend
- Opdrag dwaling
- As jy lag
- Die onverkrygbare
- OO AA
- Wishboan
- Anywhere
- Machine
- Duv mafia
Musiekvideos:
- Die onverkrygbare
- As jy slaap
Bonus snitte:
- Agter die skerms
- Twakkie
Erns Grundling van Insig was by die opname van Volkleur:
"Chris Chameleon bly Suid-Afrikaanse musiek se mees veelsydige verkleurmannetjie. As jy dink die CD Ek herhaal jou het jou oorrompel, wag tot jy die DVD onder oë kry. Hy blaas nuwe lewe in Ingrid Jonker se onsterflike woorde met stem-improvisasies wat mens tegelykertyd verwonder en verbyster. Sy energieke vertoning is 'n ontploffing van kreatiwiteit wat mens bybly lank nadat jy die teater verlaat het. Jou DVD-speler sal hierdie een wil herhaal!"
Joernalis Toast Coetzer: "As jy Chris Chameleon nog nooit in lewende lywe ervaar het nie, dan’t jy nog net 50% van die talent van die man ervaar. Die orige 50% - wat soms soos 500% voel – is onvoorspelbaar, nie in die kwaliteit daarvan nie, maar in die die onbeperktheid daarvan"
Chris Chameleon Volkleur word uitgereik deur Rhythm Records en word versprei deur Select Music Distribution SMD: 011 792 0145
Vir meer informasie en/of onderhoude met Chris Chameleon kontak Liny Kruger.
Liny Kruger
Rhythm
PROMO & EVENTS
021-556 1726
082-464 1926
liny@rhythmrecords.co.za
|
| Discography
|
|
|
| Websites
|
|
|
|
|