Rhythm Records
         Logo Rhythm Records
GEMM is your best source for impossible-to-find music!
feel the rhythmfeel the rhythmfeel the rhythmfeel the rhythmfeel the rhythmfeel the rhythm
HOME
CATALOGUE
mp3s
GIGS
SHOP
CONTACT
Google

World Wide Web
Rhythm Records

Buy Rhythm Records CDs from Rhythm Online at Gemm
Buy CDs and DVDs
from Rhythm Online


TL Mastering

This is a South African Rock Encyclopedia website

CHRIS CHAMELEON
7de Hemel


Click to buy this CD at Rhythm Online


Released: June 2006
Catalogue: RR069


         Tracks
  1. droomland
  2. sterredank
  3. houvas
  4. wagtyd
  5. kwaad
  6. droomverlore
  7. vlerke
  8. reis
  9. groet
  10. gebroke siel
  11. hartlam
  12. stapelgek
  13. genade van die liefde
Listen to Chris Chameleon mp3s at SAmp3.com.

         Press Release
Met die uitreiking van sy nuwe album ‘7de Hemel’, versterk Chris Chameleon opnuut sy aansien as een van die mees oorspronklike stemme in Afrikaans. Die 13 nuwe snitte is 'n opname van die liedjies wat hy in sy hoedanigheid as die karakter Liam in die gewilde SABC 2 sepie, vir 7de laan geskryf en uitgevoer het.

Die musiek vir die album is onder geweldige druk geskryf. Chris Chameleon het dikwels eers die aand voor die volgende dag se opname sy instruksies gekry oor waaroor die lied moet handel en in watter konteks dit uitgevoer moes word. Met ‘7de hemel’ sien ons onder andere'n ligter kant van die konstant veranderende verkleurmannetjie. 'n Aantal van die liedjies is opgewonde en speels van aard en Chris was nie skaam om van sy interessante en dikwels grappige stemgeluide in te span om die album 'n unieke vars kleur te gee nie. Hy het ook die sensitiewe, intieme vertolkende sang behou waarmee sy debuut solo album, "Ek herhaal jou", vir hom in die afgelope jaar roem verwerf het.

Die resultaat is dat "7de hemel" op sy eie voete staan as 'n unieke produk. Alhoewel die musiek deur die storielyn tussen hom en Dezi voorgeskryf is, het Chris Chameleon sy meesterlike talent met styl aangewend. Sy vier oktaaf strekkende stem speel met gemak met die gevoelens van die luisteraars op 'n album wat beloof om mense te laat lag, huil en verlang.

"7de hemel" is opgeneem by Open Room Productions, SABC.

Klankregisseur: Theo Crous.
Klankingineur: Darryl Torr.
Klankvermenging: Jurgen von Wechmar.

Snitte:

1) droomland
2) sterredank
3) houvas
4) wagtyd
5) kwaad
6) droomverlore
7) vlerke
8) reis
9) groet
10) gebroke siel
11) hartlam
12) stapelgek
13) genade van die liefde

Chris Chameleon reik ook nou sy eerste Engelse solo album "Shine" uit. Dit is moontlik die eerste keer dat 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar twee albums in verskillende tale en musiek-style gelyktydig uit te reik. Vir Chris is die tyd reg daarvoor en hy sien uit daarna om sy musiek terselfdetyd vir'n breër publiek beskikbaar te stel.

‘7de hemel’ en ‘Shine’ word deur Rhythm Records uitgereik en word versprei deur Select Music Distribution (SMD)

Vir media navrae kontak Liny Kruger van Rhythm Promo.

Liny Kruger
Rhythm
PROMO & EVENTS
021-556 1726
082-464 1926
liny@rhythmrecords.co.za

         Discography
         Websites


back


Copyright ©2003-06 Rhythm Records. All rights reserved.
a South African Rock Encyclopedia website, designed and maintained by Brian Currin