|
Buy CDs and DVDs from Rhythm Online
|
CHRIS CHAMELEON Ek Herhaal Jou
Released: June 2005
Catalogue:
RR061
|
|
| Tracks
|
- Ek herhaal jou
- Die onverkrygbare
- Lied van die Lappop
- Ontvlugting
- Jy’t my gekierang
- Bitterbessie dagbreek
- Vyf lewens
- Korreltjie sand
- Die lied van die gebreekte riete
- Op die voetpad
- Fragment
- As jy slap
- My pop val stukkend
- Opdrag dwaling
Listen to Chris Chameleon mp3s at SAmp3.com
|
| Press Release
|
Chris Chameleon is so verrassend veranderlik en veelsydig as wat sy naam voorgee.
In sy nuutste gedaante en met die afskop van sy solo loopbaan kry hierdie verkleurmannetjie meer reg as 'n weermag vol taalbulle. Sy opspraakwekkende debuut CD as solo kunstenaar "Ek herhaal jou" verskyn eersdaags op die rakke. Die lirieke vir hierdie CD is geskryf deur Ingrid Jonker.
Regie van hierdie 14 snit CD is behartig deur Theo Crous van Springbok Nude Girls en Kobus! faam. Vergeet van al die pretensieuse Afrikaanse calvynkabaret en gedramatiseerde toonsettings wat jy al gehoor het. Hierdie CD breek deur die grense van tyd en styl. Melodië wat draai en dans in jou kop. Die finale produk het reeds 'n opgewonde gefluister in die gange van die SAUK en op Litnet veroorsaak. "Killer" (Coenie Villiers), "Wierook vir die ore" (Valiant Swart), "Afrikaans het nog nooit so geklink nie!" (Erns Grundling) en "Verskuif die grense van uitnemendheid"
(Katvrou) is maar enkele eerste opmerkings.
Chris het sy loopbaan as 'n akteur begin en het reeds op 'n jong ouderdom 'n DALRO toekenning vir sy toneelspel ontvang. Hy het tussen 1990 en 2000 in meer as 30 televisiereekse (oa Egoli, Konings, Sonkring, Glaskasteel), films en videos opgetree. Daarna het die musiek 'monki' gebyt en word hy die plofbare voorsanger en baskitaarspeler vir die bekende monki punk trio Boo!
Na 7 jaar van toere met meer as 800 vertonings in 17 lande, het sy medespelers in Boo! bedank. Chris het nie op hom laat wag nie en het dadelik sy nuwe kleure (voorheen klere in Boo!) begin toon. Chris Chameleon het huistoe gekom om sy herkoms te vier met die bekendstelling van sy eerste Afrikaanse werk: "Ek herhaal jou" is 'n toonsetting van die gedigte van die ikoniese sestigers digter Ingrid Jonker. Chris het twee jaar gelede tydens 'n Boo! toer in Nederland 'n dokumentêre program oor Ingrid Jonker gesien wat hom dadelik begeester het. Aan die begin van 2005 het die vervaardigers van die 7de Laan sepie hom gevra om te werk aan 'n optrede van getoonsette gedigte. Ingrid Jonker was vir Chris 'n logiese keuse.
Chameleon slaag met hierdie werk daarin om die digkuns van Ingrid Jonker op 'n modern toeganklike en sensitiewe wyse weer te gee. Die wysies is verslawend.
"Ek herhaal jou" van Chris Chameleon word uitgereik deur Rhythm Records en versprei deur Select Music Distribution.
Vir meer informasie en/of onderhoude met Chris Chameleon kontak Liny Kruger.
Liny Kruger
Rhythm
PROMO & EVENTS
021-556 1726
082-464 1926
liny@rhythmrecords.co.za
|
| Discography
|
|
|
| Websites
|
|
|
|
|