|
Buy CDs and DVDs from Rhythm Online
|
BRIXTON MOORD EN ROOF ORKES Terug In Skubbe
Released: April 2005
Catalogue:
RR057
|
|
| Tracks
|
- Vis
- Fortuinverteller
- Spoed
- Paul Van Der Zandt
- Sussie Se Sweep
- Salome Se Lot
- Kleurvlle Tradisie
- Goud In My Brandy En coke
- Lisa Forward
- Stil Ou
- Dagboek Van 'n Swerwer
- Terapie
- Trane Van 'n Terroris
|
| Musicians
|
- Brixton Barnard (baskitaar en stem)
- Moord Greeff (tromme en perkussie)
- Kapelaan Pat Plank (lead kitaar)
- Roof Bezuidenhout (stem en akoestiese kitaar)
|
| Press Release
|
Die Brixton Moord & Roof Orkes (BMRO) se tweede CD Terug in Skubbe is op die rakke. BMRO se onlangse optredes het gewys dat die band met 'n sterker rock aanslag sou kom. Geen wonder nie dat aanhangers van die rock groep met groot afwagting uitgesien het na die CD. Hulle word nie teleurgestel nie.
Die nuwe opnames is boeiend - lirieke wat hard praat en musikale spiere wat wys dat die ouens 'n pad kom met hul liedjies. Hulle gebruik invloede uit 'n wye aantal musiekstyle – van harde rock tot folk, van gothic tot kwęla. Maar die goue draad is polsende rock van vier hardebaarde wat iets het om te sę.
Die CD bevat dertien nuwe oorspronklike Afrikaanse songs. Die band het alles self geskryf en gekomponeer, behalwe "Dagboek van 'n Swerwer", 'n liriek van Koos du Plessis, wat deur Karla du Plessis getoonset is. Dit is die eerste keer wat "Dagboek van 'n Swerwer" opgeneem is.
Dit het die band 'n jaar geneem om die opnames te voltooi. Dis by drie verskillende studios in Johannesburg opgeneem – One F Studios (Paul Riekert), Mugu Studios (Peter Auret) en Die Pastorie (die band se eie opnamefasiliteit). Die CD is gemeng en gemaster deur Paul Riekert, behalwe 'Paul van der Zandt’, wat deur Peter Auret gemeng is.
Al die instrumente word deur die band self bespeel, maar hier en daar het hulle hulp van elders ingespan. Ander musikante wat op Terug in Skubbe gehoor kan word is Esmé Evakwaad van Trike wat op "Sussie se sweep" sing. Ander vroulike stemme is Liela Groenewald op "Fortuinverteller" en Joanne Jaques op "Salomé se lot" en "Kleurvolle tradisie". Paul Riekert het die orrel op die gothic weergawe van "Dagboek van 'n swerwer" gespeel en sing in die koor op "Trane van 'n terroris". Peter Auret was verantwoordelik vir bykomende perkussie op "Paul van der Zandt".
Die Brixton Moord & Roof Orkes se eerste CD, Spergebied, is in 2002 deur Rhythm Records vrygestel. Sedertdien het verskillende lede van die band aan 'n aantal ander projekte gewerk. So is Volle militęre eerbetoon deur Brixton Barnard se Trike vrygestel (One F Music, 2003) en Andries Bezuidenhout het sy solo-projek as Insomniak se droomalmanak (Rhythm Records, 2003) vrygestel. Gedurende 2004 het die band egter die meeste van hul tyd spandeer aan die opneem van Terug in Skubbe.
Die Brixton Moord & Roof Orkes bestaan uit Brixton Barnard (baskitaar en stem), Moord Greeff (tromme en perkussie), Kapelaan Pat Plank (lead kitaar) en Roof Bezuidenhout (stem en akoestiese kitaar).
|
| Discography
|
|
|
| Website
|
|
|
|